





Liewe Juanita
Sjoe, waar begin ek? Daar is so baie wat ek al soveel jaar van jou bewonder het! Jy is regtig waar my rolmodel en ek glo vir baie ander meisies en vrouens ook! Baie dankie vir die wonderlike voorbeeld wat jy aan almal is! Ek en my ma het 3 liedjies van jou wat ons aan mekaar opgedra het, my persoonlike gunstelling is meisiekind... Elke dag dink ek aan daardie woorde en op n manier bring dit vrede en rustigheid in my hart! Ek wens jy kon my ma ontmoet, sys regtig n wonderlike mens, en sy laat my baie dink aan jou! Ek het jou kinders al by n optrede gesien en hulle is regtig waar n spieelbeeld van jou en jou man. Woorde kan regtig nie beskryf hoe baie jy in my lewe beteken nie, dit mag dalk vreemd klink omdat ons nog nooit ontmoet het nie, maar jy is eerlikwaar soos n tweede ma vir my. Wel ek hoop jy kry my briefie en is nie uit gefreak nie hiehie
liefde en hoop dat jy sal terug skryf!
Bianca xxx
Saterdag, 10 Julie 2010
Hi Juanita,
Ek wil graag by jou hoor of dit moontlik is om my te help met een van jou liedjies se lirieke. Ek trou die 7de Aug en wil graag die liedjie-Love can build a Bridge as ons tema liedjie in die kerk sing. Ek het wel op die website gekyk maar kon nie die woorde van die liedjie kry nie. Is dit vir jou moontlik om vir my die woorde te stuur vir ons kerkblaadjie?
Baie dankie
Kan nie wag om van jou te hoor nie!
Vrydag, 09 Julie 2010
Donnerdag, 08 Julie 2010
Donnerdag, 08 Julie 2010
Juanita,
Ek wil ook soos vele ander vir jou se dankie vir jou wonderlike musiek. My gunstelling is natuurlik Letter to Daddy dit laat my aan my vader dink wat net vir my op die oomblik geleen word.
Hou so aan jy maak n groot verskil is so baie mense se lewe want al jou liedere praat met n mens op n ander vlak.
liefde groete
Bly geseen
Jou grootste Fan
Irma
Woensdag, 07 Julie 2010
Juanita
Baie geluk met jou nuwe CD dis uitstekend nee dis finominaal.
Ek en 'n wonderlike vriendin koop onmiddelik altyd jou nuwe cd's en daardie dag dan is ons Juanita dag. Plat op die sitkamer mat met lekker bekers koffie geniet ons dan die mooiste musiek ooit. Elke CD is spesiaal en elke liedjie praat. Ja daars besondere liedjies soos Vlieghoog, tussen woorde, in die hemel,Skaduwee en nou engel van my hart wat net ekstra spesiaal is en die hartsnare roer. Maar jou liefde vir Jesus straal in jou musiek en maak dit ekstra spesiaal. Dankie dat jy wonderlike musiek vir ons gee maar ook dat jy so 'n voorbeeld van nederigheid is en die grootste les by jou geleer is om elke dag in Sy genade te leef en hoog te vlieg.
Mag jy en jou gesin nou baie jare geseend wees.
Maandag, 05 Julie 2010
Hi J
Groot fan, ek. Het so pas jouCD 'engel van my hart gekoop" Great songs maar ek dink nie die reproduksie kwaliteit is great nie. Feedback op al my settings. Net 'n observasie Niggie, dis al
Verder, gooi mielies en keep em coming!
Leon
Sondag, 04 Julie 2010
Hi Juanita,
I just love your music, and your stage presence is phenomenal. Saw you in Toti last year with the Ons sing jou taal tour. Travelling to Harrismith next month to see you perform there.
Keep it up!
Good luck and God bless.
Belinda Griggs
Saterdag, 03 Julie 2010
Bly altyd die wonderlike sonstraal wa jy is. Jy laat my baie aan my dogter dink wat ek nie so dikwels sien nie. Sy is my sonskyn, my bestaan,
So is jou musiek vir my totaal inspirerend. Hou so aan !!!! Grootste harte wens is om u persoonlik te ontmoet.
Groete
Linda de Ruyter
Cell 083 257 0831
Saterdag, 03 Julie 2010
Vrydag, 02 Julie 2010
Juanita, dankie vir 'n ongelooflike 10 jaar. Jou musiek kan die hele gesin na luister en het altyd 'n lekker ritme en skep 'n rustige atmosfeer.
Ek hoop ons deel die volgende 10 jaar nog met jou.
Leonie
Donnerdag, 01 Julie 2010
Juanita you are the best U inspire alot of poeple and i am so gratefull for your wonderful muice as there is some of your songs that have helped me and given me the strenght to go on again thank you somuch And i want to take the time and Thank the Lord our Father for such a wonderful singer and inspration u are to poeple thank you and God bless
patricia
Donnerdag, 01 Julie 2010
Hey Juanita,
Jy's n champ girl, hou so aan.
JY IS!!
Donnerdag, 01 Julie 2010
Donnerdag, 01 Julie 2010
ENGEL VAN MY HART...
JINNE DIS WRAGTIG N MOOI ALBUM TANNIE,BIETJIE ANDERS AS DIE VORIGES...DIS HOOGTYD VIR N NUWE ENETJIE,HAHA!!! "WIT VLAG" IS BAIE NICE!!! WANNEER KOM TANNIE LIMPOPO SE KANT TOE??? ONS DIE KANT IS N "NTHA" GEHOOR...
TANNIE MOET DIE TOERE EN OPTREDES GENIET!!! EN HOU AFRIKAANS SE NAAM HOOG!!!
VLIEG HOOG!!!
LOTS OF LOVE:LEANDRE
Woensdag, 30 Junie 2010
Juanita
Jy is 'n pragtige innerlike mens. Ons het na jou gaan kyk in Rustenburg die 20ste Mei 2010. Jou eerste dvd wat ek gekoop het was jou christelike dvd wat jy opgeneem het. Dit het my baie diep geraak.
Jy sing pragtig, jy sing diep. Ek gaan verseker jou nuwe album kry, dit klink sooo mooi.
Baie liefde groete
Geniet jou naweek
Hannelie
0848183108
Vrydag, 25 Junie 2010
Beste Juanita,
Baie dankie dat jy so sensitief was met die Huilige Gees, as jy nie so was nie het derduisende mense ma net honger gebly vir iets wat hulle niks van sou weet. Dit is vir my wonderlik om n opkomende sanger "Evangelis" in die land te wees en, dit maak nie saak waar heen ek kom of gaan maar jou liedere word konstant gebruik in so baie kerke en groepe. Dit kan maar net vir die Here n groot voorreg wees om jou so te kon seen met Sy teenwoordigheid in jou musiek. Bly die lig skein, want dit werk! Ek sukkel al baie lank met n persoon in my lewe en siedaar, hy luister net na jou "Vlieg Hoog". Dankie. Mag ons Pappa jou net veilig hou en mag jy Pappa bly gelukkig maak,
Blessings
Nico.
Donnerdag, 24 Junie 2010
Dagsé Juanita
Dit maak nie saak hoeveel keer ek na jou Afrikaanse musiek luister of na jou DVD's kyk nie, elke keer, elke liedjie se woorde gee my hoendervleis. Jy is werklik 'n inspirasie in my lewe. Jou werk laat my elke dag besef hoe geseend ek is om 'n wonderlike man en pragtige volmaakte baba seuntjie te hé & dat ek hulle elke dag sal liefhé, oppas en waardeer met my hele hart.
Ek het al 1 van jou klein vertonings gaan kyk, & vir my is jy beeldskoon, en jou geduld, vriendelikheid en mooi glimlag maak jou 'n Engel van Liewe Jesus.
Groete
Chantel
Donnerdag, 24 Junie 2010
Juanita, jy is my inspirasie.
Ek en my 9 maande baba dogter luister elke dag nou jou 10 jaar DVD en elke naweek na jou en Teuns se DVD. Jou musiek bring trane en geluk in ons harte. My meisiekind is mal oor Tingeling, Boerejol en Mengelmoeskardoes en my beste liedjie is Tussen Woorde, Ek Vlieg Hoog, Jou Skaduwee etc etc etc. Ek het vandag die lirieke van al ons gunstelling liedjie gedruk met jou foto, spesiaal vir haar album, so jy en jou musiek is nou deel van ons geskiedenis.
Jy is wonderlik en ons waardeer jou musiek.
Christelle - Boksburg
Woensdag, 23 Junie 2010
Juanita, baie dankie vir die wonderlike kunstenaar wat jy is. Jy is n inspirasie vir ons almal, en ons is mal oor jou gospel albums. Dankie vir wat jy doen vir die afrikaanse musiek.
My dogter is mal oor jou. Sy is 4 en noem jou "my Nieta". Haar gunsteling liedtjies is "Die Koning Kom" "Bly by my" en Vlieg Hoog.
Mag die Here jou seen en die krag gee om vir ons die publiek nog baie albums te gee.
Groete
Dinsdag, 15 Junie 2010
Obtener Plugin Flash para visualizar este reproductor