





|
|
1998 – ‘N STER BLINKIn 1998 het haar sangloopbaan met alle erns begin – met haar debuutalbum Juanita. Daardie jaar wen sy die CMA (Country Music Association in Namibië) se toekennings as die beste sangeres, die beste liedjieskrywer en dié vereniging se president toekenning vir uitsonderlike prestasie. In daardie stadium was Juanita toe al lid van Jupidu, saam met haar man, Doepie, haar broer Pieter, en hul vriend Rennie Strauss. Jupidu was uiters gewild by Namibiërs, maar haar reeks toekennings en ‘n bedrywige naweekdagboek was nie vir Juanita genoeg nie. Sy het toe al geweet haar liedjies is stérk genoeg. Sy het bloot aanhou skryf, met die wete ‘n nuwe album sou haar die deurbraak besorg waarop sy wag. Maar sy het nie geld daarvoor gehad nie. Gelukkig het baie invloedryke mense haar talent geëien en sy kon genoeg borge werf om ‘n CD op te neem. Die album Ek en Jy is gebore – met Ska-Rumba as ‘n bonussnit... In 2000 onderhandel sy en die platebaas Pierre van der Westhuizen van Maroela-Musiek. Pierre het onmiddellik geweet Juanita kán ... Hy’t haar ‘n platekontrak aangebied en die album ook in Suid-Afrika uitgereik. In 2001 bereik die album dubbelplatinumstatus (met verkope van oor die 100 000) en sy wen twee SABC2-Geraas toekennings: album van die jaar en liedjie van die jaar: Ska-Rumba. In 2002 word haar derde album, Dis Waar Ek Wil Wees (met die treffer Patayo) uitgereik, en Juanita se drome word die een na die ander bewaarheid. Haar dagboek is vol en al haar albums vorentoe bereik minstens platinumstatus; die meeste dubbelplatinum. Sy skep die een treffer album na die ander. Van die dubbelalbum Jy Is... (met ‘n bonus-CD waarop sy Pussycat se musiek sing) lewer die treffer Lepellê op in 2003. En Juanita word die eerste Afrikaanse sangeres wat die eerste plek op RSG se amptelike Top 20-treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens boaan bly! In die volgende vyf jaar verander die Meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin moet ‘n moeilike besluit neem, van hul geliefde moederland afskeid neem, Suid-Afrika toe verhuis en ‘n vesting in Pretoria vind. Met nog drie sekulêre albums – Bly By My, Jou Skaduwee en Volmaakte Kring, die gospelalbums Altyd Daar en Vlieg Hoog en die DVD’s In Konsert, Altyd Daar: Live op Aanvraag en Bring Jou Hart (in konsertduet met Theuns Jordaan) herskryf sy weer die Suid-Afrikaanse musiekrekordboek en behaal verkope wat die miljoenkerf verbysteek. Elke noemenswaardige musiektoekenning is al aan haar toegeken ... TOEKENNINGS DIE AFGELOPE 10 JAAR:1994 - Liedjieskryfkompetisie in Namibië / Drie van haar komposisies eindig in die Top 10 1997 - CMA Awards / Beste sangeres / Beste liedjieskrywer 1998 - CMA Awards / Beste sangeres / Beste liedjieskrywer / Spesiale presidentsverering vir musikale uitblinkery 2001 - GMT Geraas-musiektoekennings / Liedjie van die jaar: Ska-Rumba / Album van die jaar: Ek en Jy 2005 - Huisgenoot Tempo-toekennings / Gunsteling-sangeres / Stylvolste sangeres 2006 - Huisgenoot Tempo-toekennings / Gunsteling-sangeres / Stylvolste sangeres 2006 - Vonk-toekennings / Beste sangeres van die jaar 2007 - Huisgenoot Tempo-toekennings / Gunsteling-sangeres / Gunsteling-DVD: Altyd Daar Live op Aanvraag / Gunsteling-gospelalbum: Vlieg Hoog / Gunsteling-gospelkunstenaar 2007 - Vonk-toekennings / Beste sangeres van die jaar / Beste album deur ‘n sangeres van die jaar 2008 - Kanna-toekenning / Bring Jou Hart: (saam met Theuns Jordaan: die beste produksie by Die Musiekplaas: KKNK 2008 - Sama-benoemings / Popalbum van die jaar: Volmaakte Kring / Afrikaanse gospelalbum van die jaar: Vlieg Hoog / Liedjie van die jaar: Vlieg Hoog 2008 - Huisgenoot tempo-toekennings / Gunsteling-sangeres / Gunsteling-DVD: Bring Jou Hart (in konsert met Theuns Jordaan) / Gunstelingliedjie: Mengelmoeskardoes / Beste verkoper 2008 - Vonk-toekennings / Grootste verkoper van die jaar / Beste vroulike kunstenaar 10 JAAR SE HOOGTEPUNTE“Daar is soveel hoogtepunte ... Om net 10 te kies, is baie moeilik!” sê Juanita. Elke “eerste” van alles was ‘n hoogtepunt: 1ste goue album, 1ste platinum album, 1ste dubbelplatinumalbum, 1ste Noot vir Noot, 1ste Skouspel, eerste voorblad ... Juanita kies haar Top 101. Eerste goue album (2001: Ek en Jy) 2. Eerste Huisgenoot Skouspel (2002) 3. Eerste nr 1-plek op die SA Top 20 (2003: Jy Is). Sy was die eerste vroue-kunstenaar wat dit kon regkry! 4. Eerste tydskrifvoorblad (2002, Keur, saam met Kurt Darren) 5. Eerste Noot vir Noot-optrede (2001) 6. Haar ontmoeting met Joyce Meyer en die optrede by haar konferensie in Johannesburg (2007) 7. Albumverkope wat die eenmiljoenkerf tref! (2008) 8. Die album Vlieg Hoog word die grootste gospelalbumverkoper nóg in Suid-Afrika; oor die 140 000 eenhede (2008) 9. Die optrede by Loftus vir Jesus – met ‘n skare van oor die 72 000 mense 10. Die album Volmaakte Kring – wat binne twee weke ná uitreiking dubbelplatinumstatus bereik het; ‘n eie beste prestasie. Naas die talle TV-programme – Pasella (in 2000), Stoute Boude, Belboks, Wie is wie? DKNT, Geraas, Noot vir Noot, Liriekeraai, Egoli, Houtkruis, Kwêla, Fiesta, Binnelanders, Ontbytsake, Villa Rosa, Dis Hoe Dit Is en Sweepslag – waarin sy opgetree het, het Juanita ook haar slag as aanbieder ten toon gestel: Mitshubishi 4x4-plesier (2002) en KykNet Country (2008). 2008 – GESEËNDE, ROEMRYKE DANKBAARHEIDJuanita sê sy het nog baie wense, maar haar grootste wens is dat wanneer sy die dag voor Jesus staan, Hy haar in Sy arms sal vou en sê: “Welgedaan, my kosbare dogter ... Ek is trots op jou! Jy het al jou opdragte getrou uitgevoer en alles gedoen waarvoor ek jou gestuur het. Welkom tuis ...” Sy vlieg steeds hoër! CHRISTIAAN J DE SWARDT – MUSIEKJOERNALIS EN RESENSENT – 8 November 2008 |
Obtener Plugin Flash para visualizar este reproductor