Biografie van Juanita du Plessis Die laaste 10 Jaar in die Suid Afrika Musiek bedryf
Ararioh ska-rumba, ararioh ska-rumba, Ararioh ska-rumba titi joy joy ska-rumba…
In Suid Afrika, 'n paar jaar gelede, was die Ska-Rumba koors hoog: hierdie mooi lang meisie van Namibië het die harte van amper elke Afrikaans (and English) sprekende Suid Afrikaner betower met haar eksentrieke stem.
Met meer as 60 komposisies op 10 albums, 2 Gospel albums en vier DVD’s, Juanita du Plessis het al meer as 1.4 miljoen kopieë verkoop en word gereken as die beste vroue kunstenaar in Suid Afrika. Juanita is die eerste vrou in Suid Afrika om meer as 1 miljoen kopieë te verkoop.
Die laaste 10 Jaar het sy al meer as1.3 miljoen km gery, haar voertuig het al meer as 210 000 liter brandstof gebruik en is daar maar net 'n klein handjie vol dorpe wat sy nog nie in opgetree het nie.
Haar populariteit groei dag tot dag en was sy al op die grootste en mees populêre verhoë en feeste in Suid Afrika gewees. Van TV tot radio tot tydskrifte, Juanita was al in elke moontlike publikasie en program in Suid Afrika en Namibië.
Na 10 jaar in die Suid Afrikaanse musiek bedryf, bring Juanita 'n 10 jaar herdenkings album uit – 10 Jaar Platinum Treffers!
Haar lewe en loopbaan is soos 'n sprokiesverhaal, 'n musikale reis.
|
|
|
AGTERGROND
Gebore op 26 April in Windhoek (Namibië) in die destydse Suidwes-Afrika. Haar eerste kinderjare bly sy steeds in Suidwes maar verhuis saam met haar ouers,
|
 |
Piet en Francie Naude en broer Pieter na Roodepoort, waar hulle vir 7 jaar woon en waar sy haar skoolloopbaan in Laerskool Horison begin. |
|
|
| Sy keer egter terug na Windhoek toe sy 8 jaar oud was - hierdie keer sonder pa Piet wat sy aan die dood moes afstaan. 'n Oomblik wat, soos sy dit stel, "Die ingrypendste in haar lewe" was. |
 |
Sy was 'n regte "tomboy" (haar beskrywing van haar kind-wees dae). "Ek moes leer om my man te staan!" |
 |
Sy voltooi haar laerskool-loopbaan by Suiderhof laerskool in Windhoek. |
 |
Hierna gaan sy na Windhoek hoërskool waar sy uitblink in atletiek(hoogspring) en netbal. Sy het ook die Suidwes skolespanne in beide hierdie sportsoorte verteenwoordig. |
| Op die atletiekbaan het sy haar land verteenwoordig in hoogspring en op die netbalveld is sy vir 3 agtereenvolgende jare aangewys as een van die 28 beste netbalspeelsters in Suid-Afrika (Suidwes was toe nog deel van Suid-Afrika). Sy verteenwoordig ook later die Namibiese senior netbalspan vir 'n geruime tyd en ook op 'n toer na Nieu-Seeland. |
 |
 |
n Sangloopbaan was tydens haar skooljare nooit werklik deel van haar toekomsplanne nie, alhoewel musiek 'n groot deel van haar lewe was. Hoewel sy tog heimlik 'n loopbaan in die kollig beny het, wou sy eintlik 'n L.O onnie word. "Ek het wel 'n bietjie op die kitaar getokkel en liedjies begin skryf" ....die van 'n meisie in haar liefde verlaat" lag sy.
Na skool is sy getroud met Doepie (Hy was die L.O. onnie by die skool) en Ruan en 'n tweeling, Mario en Franja, het die Du Plessis gesin voltooi.
|
|
|
|
|

|
|
LOOPBAAN
Sy het haar eers as 'n sekretaresse bekwaam en by 'n vervoermaatskappy gewerk. Doepie, toe uit die onderwys en 'n bemarker in versekering, het op daardie stadium in 'n orkes gespeel. "Ek was maar altyd die muurblommetjie, of het tuis kinders opgepas" lag sy... Maar haar beurt sou kom....
In 1994 word 'n "songwriting" kompetisie in Nambië gehou en Juanita skryf (op aandrang van haar familie en vriende) drie van haar liedjies in. Al drie liedjies eindig onder die top 10. Na die kompetisie het Andrew Joubert, 'n baas van 'n platemaatskappy in Windhoek, sy besigheidskaartjie vir haar gegee en gesê sy moet hom bel as sy eendag belangstel om haar musiek verder te vat. Sy het natuurlik nie een oomblik gehuiwer om haar droom te bewaarheid nie, maar moes baie lank wag daarvoor.....Daarna begin sy optree by verskeie talentkompetisies, waar sy veral met die jaarlikse "country" musiek kompetisies uitblink.
|
| In 1997 ontvang sy twee "CMA" (Country Music Association) toekennings - as beste sangeres en beste liedjieskrywer.
In 1998 (4 jaar later), word haar eerste album (Juanita) uiteindelik opgeneem in Johannesburg. Dieselfde jaar ontvang sy die toekennings vir beste sangeres, beste liedjieskrywer asook die "CMA presidents award". Op hierdie stadium is sy lid van die orkes "Jupidu" saam met manlief, Doepie, en broer, Pieter asook Rennie Strauss. Met hierdie orkes tree sy deur die hele Namibië op en is baie gewild onder die Nambiërs. Maar die groot deurbraak moes nog kom....'n Cd op die rak, 'n reeks toekennings en 'n bedrywige naweek dagboek was egter nie vir haar genoeg nie. "Ek het net geweet my liedjies is sterk genoeg, en ek het maar aanhou skryf, want wie weet...." mymer sy voort. 'n Nuwe album was die antwoord maar finansiering was moeilik......"
|
 |
 |
Gelukkig het baie spesiale mense in my geglo en ek kon borge kry". So is die album "Ek en Jy" gebore met "Ska-Rumba" as bonussnit.
Na die opname van haar album, "Ek en Jy" in 2000, ontmoet sy vir Pierre v.d. Westhuizen van Maroela musiek. "Die een persoon wat my die kans gegee het waarvoor ek so lank gewag het" sê sy. Met sy hulp word die album ook in SA uitgereik. Sy was toe tevrede dat die Suid-Afrikaners ook na haar musiek kon luister en het maar verder gewag om te sien wat gebeur, want sê sy, "dit was nie in my hande nie"....
|
| 2001 - Die jaar wat dinge begin gebeur! Haar eerste optrede in Suid-Afrika - in Ermelo. Eerste KKNK en eerste van baie dinge. "Ska-Rumba" is die treffer. Haar dagboek - 200 konserte vir 2001 - glad nie sleg vir die meisie van Suidwes nie! Maar sy kom te staan voor 'n baie groot besluit....moes sy haar lewe in Namibië vaarwel roep en haar in SA kom vestig? "Dit was 'n baie groot besluit, want ek het nie geweet hoe lank dit sal goedgaan nie, en ek kon ook nie meer so lank van my kinders af weg wees nie - dit het my mal gemaak!" "Ek het geweet daar is net een Persoon wat die antwoord het, en het maar net bly bid". Die deure het vir haar oopgegaan en na baie worsteling het sy presies geweet waarheen haar pad lei. "Ek en Jy" bereik goue, platinum en dubbelplatinumstatus (verkope van meer as 100 000). Sy ontvang twee "Geraas-toekennings" vir album van die jaar (Ek en Jy) asook liedjie van die jaar (Ska-Rumba) |
| 2002 - Met 'n vol dagboek, word, tussen die konserte, ma-wees en vrou-wees, die derde album "Dis waar ek wil wees" uitgereik. Binne die eerste maand na vrystelling, bereik dit goue status en ja....weer 'n treffer, hierdie keer "Patayo". "Dis waar ek wil wees" is die 2de beste verkoper van die jaar 2002. Die album haal ook platinumstatus en verkope van meer as 75 000 eenhede. Ander hoogtepunte: Hoofkunstenaar by die KKNK Afskopfees, Aanbieder van tv-program op Kyknet (Mitsubishi 4 x 4 plesier) Eerste optrede op "Noot vir noot" en elke konsert, volgens haar, 'n hoogtepunt! |
 |
 |
2003 - Haar dagboek is nogsteeds stampvol en sy begin werk aan haar 4de album "Jy is..." wat in September die lig sou sien. Die album oortref alle vorige albums wat verkope-tyd betref - reeds 2 weke na vrystelling goue status en platinum binne 2 maande! Die rede hiervoor.....weer 'n treffer, "Lepellê". Op hierdie dubbelalbum sing sy ook treffers van "Pussycat" soos net sy dit kan doen. Voorwaar ook 'n verdere rede tot hierdie album se sukses. Met hierdie album word sy ook die eerste Afrikaanse sangeres wat die nommer 1 posisie op RSG se top 20 bereik en vir drie agtereenvolgende weke daar kon bly. |
|
|
|
|

|
| Nog drie albums volg – Bly by my, Jou skaduwee en Volmaakte kring, so wel as twee gospel albums Altyd daar en Vlieg hoog en drie DVD’s, In konsert, Altyd daar daar: Live op aanvraag en Bring jou hart ('n konsert duet met Theuns Jordaan) en haar nuutste meesterstuk; 10 Jaar Platinum Treffers “Live”. Met al die CD’s en DVD’s, het Juanita die geskiedenis boeke oor die musiek bedryf in Suid Afrika herskryf, deur die eerste en enigste vroue kunstanaar in Suid Afrika te word om meer as 1 miljoen kopieë van haar album te verkoop. |
 |
|
|

|
Toekennings: 1994 Liedjie skrywers Kompetisie in Namibië Drie van haar liedjies het die Top 10 bereik 1997 CMA Toekennings Beste Vroue Kunstenaar Beste Liedjie Skrywer 1998 CMA Toekennings Beste Vroue Kunstenaar Beste Liedjie Skrywer Presidensie Toekenning vir Uitstaande Musikale Prestasie 2001 GMT Geraas-Toekennings Liedjie van die jaar: Ska-Rumba Album van die jaar: Ek en Jy 2005 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Populêre Vroue Kunstenaar Mees Stylvolle Vroue Kunstenaar 2006 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Populêre Vroue Kunstenaar Mees Stylvolle Vroue Kunstenaar 2006 Vonk Toekennings Beste Vroue Kunstenaar 2007 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Populêre Vroue Kunstenaar Beste DVD: Altyd Daar Live op Aanvraag Beste Gospel Album: Vlieg Hoog Beste Gospel Kunstenaar 2007 Vonk Toekennings Beste Vroue Kunstenaar van die Jaar Beste Verkope Kunstenaar van die Jaar 2008 Kanna-Toekenning Bring jou Hart: (saam met Theuns Jordaan: beste lewendige produksie by die jaarlikse KKNK) 2008 SAMA Nominasies Pop Album van die Jaar: Volmaakte Kring Afrikaans Gospel Album: Vlieg Hoog Liedjie van die jaar: Vlieg hoog 2008 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Populêre Vroue Kunstenaar Beste DVD: Bring Jou Hart (in konsert met Theuns Jordaan) Beste Liedjie : Mengelmoeskardoes Beste Verkope Kunstenaar van die Jaar 2008 Vonk-Toekennings Beste Verkope Kunstenaar van die Jaar Beste Vroue Kunstenaar 2009: MTN SAMA Toekennings Beste DVD Verkoper: Juanita du Plessis & Theuns Jordaan for Bring jou Hart 2009: Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Populêre Vroue Kunstenaar Beste Liedjie : Tussen woorde |
|
|
|

|
|
HOOGTEPUNTE VAN DIE LAASTE 10 JAAR Vir Juanita is elke 1ste prestasie in haar loopbaan 'n hoogtepunt… die eerste goue album; die eerste platinum album; die eerste dubbel platinum album; die eerste tydskrif voorblad; die eerste toekenning… Juanita se Top 10: 1. Haar eerste goue album (2001; Ek en Jy) 2. Haar eerste Huisgenoot Skouspel (2002) 3. Die nr. 1 posisie op die SA Top 20 (2001: Jy is). Die eerste Suid Afrikaanse vroue kunstenaar om nr. 1 te behaal 4. Eerste Tydskrif Voorblad (2002, Keur, met Kurt Darren) 5. Eerste Noot vir Noot optrede (2001) 6. Om Joyce Meyer te ontmoet en by haar konferensie in Johannesburg op te tree (2007) 7. Om meer as 1 miljoen album kopieë te verkoop (2008) 8. Haar gospel album Vlieg Hoog word die beste verkope Gospel in Album in Suid Afrika se geskiedenis Verkoop meer as 140 000 kopieë (2008) 9. Optrede by die Gospel fees Loftus vir Jesus - meer as 72 000 mense het die dag bygewoon. 10. Die album Volmaakte Kring behaal dubbel platinum status in net 2 weke na vrystelling. As jong meisie het Juanita altyd gedroom dat sy 'n bekende aktriese wil word. Sy het omtrent in elke populêre Suid Afrikaanse TV program opgetree! Om maar net 'n paar te noem: Pasella (in 2000), Stoute Boude, Belboks, Wie is wie? DKNT, Geraas, Noot vir Noot, Liriekeraai, Egoli Houtkruis, Kwêla, Fiesta, Binnelanders, Ontbytsake, Villa Rosa, Dis hoe dit is en Sweepslag. Juanita was ook die gasheer vir twee Afrikaanse TV programme: Mitshubishi 4X4-plesier (2002) en Kyk net Country (2008).
|
|

|
2008 – GESEENDE LEWENSLANGE DANKBAARHEID Ongeag van al die lofprysing en selfs die feit dat 'n blom na haar vernoem is, sê Juanita steeds: “Ek is 'n doodgewone vrou: 'n vrou en ma wat net haar droom uitleef, dag-tot-dag. Ek is werklik dankbaar vir wie ek is, waar ek is en vir wat ek het. Ek wil ten volle lewe en elke geleentheid wat ek kry na die beste van my vermoë. Ek wil 'n instrument wees wat elke dag mense se lewens aanraak, of die nou is om hulle te maak lag, huil of sommer net om hulle beter te laat voel. Die is 'n absolute eer om hierdie instrument te wees. Ek glo dat dit my roeping is op hierdie aarde.” Juanita het 'n klomp drome, maar haar grootste wens is, dat eendag as jy voor Jesus moet staan, dat hy haar in sy arms sal vat en sê: “Wel gedaan my kosbare dogter. Ek is trots op jou! Jy het alles gedoen wat ek van jou verwag het en alles behaal waarvoor ek jou aarde toe gestuur het. Welkom tuis.” Sy word beskryf as vriendelik, mooi, eerbaar, dierbaar, inspirerend, aansporend, 'n rol model, 'n "sweetheart" en 'n engel deur haar ondersteuners. Haar familie en vriende noem haar God-vreesend, goedhartig, liefdevol, skepend,professioneel, detemineerd, gefokus en voorbeeld van onselfsugtigheid. Almal het dit een: Juanita du Plessis is die trots van Suid Afrikaanse musiek.
Juanita du Plessis is hier om te bly!
|
|